Georges Seurat

Georges Seurat

Georges Seurat in 1899.
Geboortenaam Georges-Pierre Seurat
Gebore (1859-12-02)2 Desember 1859
Parys, Frankryk
Sterf 29 Maart 1891 (op 31)
Parys, Frankryk
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Frankryk
Veld Kunsskilder
Beweging Postimpressionisme, Neoimpressionisme, Pointillisme
Werke 'n Sondagmiddag op die eiland La Grande Jatte

Georges-Pierre Seurat (Frans: [ʒɔʁʒ pjɛʁ sœʁa];[1] 2 Desember 1859 – 29 Maart 1891) was 'n Franse post-Impressionistiese skilder en tekenaar. Hy is bekend vir sy innoverende gebruik van tekenmedia en vir die ontwikkeling van die skildertegnieke divisionisme en pointillisme. Seurat se kunssinnige persoonlikheid was 'n kombinasie van kwaliteite wat gewoonlik as kontrasterend en onverenigbaar beskou word: aan die een kant was daar sy uiterste en delikate gevoeligheid; aan die ander, 'n passie vir logiese abstraksie en 'n amper wiskundige presisie.[2] Sy grootskaalse werk, 'n Sondagmiddag op die eiland La Grand Jatte (1884–1886), wat die koms van Neo-impressionisme ingelui het, het moderne kuns 'n nuwe koers laat inslaan en is een van die ikone van laat negentiende eeuse skilderkuns.[3]

  1. "Seurat", Random House Webster's Unabridged Dictionary
  2. Fry, Roger Essay, 'The Dial', Camden, New Jersey, September 1926
  3. "Art Institute of Chicago".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search